Marietjie de Beste en haar familie, die Pienaars, het in 1984 besluit om hul lekkergoedkersboom met Dwarswegstrand se inwoners te deel. Almal kom op Oukersaand by mekaar, kersliedere word gesing en die kinders kan lekkers pluk.
Inwoners en besoekers is baie dank aan Marietjie en die Pienaars verskuldig vir hierdie wonderlike geleentheid.
In 2011 is die Kersboom vir die 27ste keer gehou.