OPSOMMING VAN VERNAAMSTE VERSEKERINGDEKKING
FIRST PROPERTY ACCEPTANCES & SANTAM
DEKKING FPA
Eskalering – huidige periode 20%
Skade aan uitgelegde tuine R10 000
Slotte en sleutels R10 000
Verlies van water R5 000
Persoonlike ongevalle (waar geld van die mpy en R10 000
aanranding betrokke is)
Normale persoonlike ongevalle R20 000
Verwydering van bome R5 000
Diefstal van vaste toebehore aan buitekant R20 000
Sekuriteitswagte R10 000
Insakking en grondverskuiwing Ja (beperk)
Kragstuwing Geen limiet
Verlies aan huur 30%
Toevallige skade Volle waarde
Kantoorinhoud Geen limiet
Publieke aanspreeklikheid R50m
Direkteure- & amptenaars vrywaring R2m
Werkgewersaanspreeklikheid R10m
Alle risiko Geen limiet
Hek motors Geen limiet
Geld R50 000
Getrouheid R50 000
Masjinerie breekskade R50 000
Waterskade aan hout-en gelamineerde R50 000
Waterverwydering uit kelder Ja
Stoor van eienaar se inhoud na skade of verlies Ja
Verkryging van toegang tot warmwatersilinder R1000
Warmwatersilinder vervanging (Inbelsentrum gebruik Geen limiet
Warmwatersilinder vervanging ( Inbelsentrum nie gebruik) Beperk
Warmwatersilinder herstelwerk R1000
GEBOUE DEKKING
Die geboue is omvattend verseker teen brand, wind, reën, weerlig, ontploffing, storm, water, hael, sneeu en aardbewings.
Warmwatersilinders is omvattend verseker en waterskade a.g.v. gebarste / lekkende silinders, is ook gedek. Gebarste pype en gevolglike waterskade is ook gedek.
Sodra ‘n gebeurlikheid wat ‘n eis veroorsaak plaasvind, moet die versekeraar binne 30 dae in kennis gestel word om verdere gevolglike skade te voorkom.
VERANDERING AAN RISIKO
Enige materiële alterasie aan die risiko ná die aanvang van die polis, moet skriftelik en sonder versuim aan die versekeraar deurgegee word.
Alterasies/veranderinge waarvoor u die versekeraar moet inlig, sluit in:
a) Verwydering van enige “Gemeenskaplike eiendom Inhoud” (common property contents) of alterasie van enige gebou.
b) Enige gebou of gemeenskaplike eiendom wat onbewoon en /of verlate gelaat word vir meer as 60 opeenvolgende dae. Indien versekering verlang word vir ‘n periode na die 60 dae, moet die versekeraar skriftelik versoek word om dekking toe te staan.
c) Die beëindiging van u belange in enige eiendom.
d) Enige geval waar die tipe okkupasie (bv huis omskep in gastehuis, besigheid word vanaf perseel bedryf, ens) of ander omstandighede rakende die versekerde eiendom so verander dat dit die versekerde risiko binne hierdie polis verhoog.
Hierdie is ‘n alle risiko tipe polis rakende die gemeenskaplike eiendom. Dit bied beskerming indien items aangeskaf word en nagelaat word om die versekeraar in kennis te stel. Items hoef dus nie individueel gelys te word nie, solank die totale versekerde bedrag vir gemeenskaplike eiendom genoegsaam is.
Daar moet ook gelet word dat First Property Acceptances moontlik die mees omvattende en wydste Direkteure en Amptenare vrywaringsversekering bied.
EISE
Eise wat verband hou met Warmwatersilinders en gebarste pype. moet by die INBELSENTRUM aangemeld word.
Hulle sal die loodgieters op hul paneel in u area verwittig, wie u sal kontak om ‘n afspraak te bevestig.
Alle ander eise moet by Residentia Trust, Durbanville aangemeld word.
Inbelsentrum : 0861 225 225
Residentia Trust : 021 975 6794 (Trix Meyburgh)
Bybetalings
Verwys na die bybetalingskedule wat sal volg saam met die volledige versekeringspolis.
Hier volg van die belangrikste bybetalings :-
1) Warmwatersilinders : Herstel of vervanging: R0
2) Waterskade gevolg deur vervanging van warmwatersilinder: R1000
3) Waterskade gevolg deur herstel van warmwatersilinder: R1250
4) Gebarste pype : R1750
5) Gebarste pype met gevolglike waterskade: R2250