🙄    E-posadres vir besprekings:      oordbesprekings.dwarswegstrand@axxess.co.za

 

Die strandoord beskik oor vier enkelvlakwoonstelle en vyf  duplekse. Elke woonstel het twee slaapkamers (een dubbelbed en drie enkelbeddens) en ’n badkamer met ’n stortbad. Die woonstelle is net agter die huise geleë.

Elke woonstel is toegerus met onderdakparkering. In die kombuis is ’n mikrogolf, brood-rooster, yskas en vierplaatstoof, asook eet- en kookgerei.

Elke woonstel het ’n televisie met DStv en SABC-kanale. Braaidromme is beskikbaar, maar bring asseblief u eie braairooster.

(Inligting uit die Dwarswegstrand-brosjure)

Enkelvlakwoonstelle

Sitkamer

Hoofslaapkamer

Tweede slaapkamer

Badkamer

Kombuis

Motorafdak

Dupleks-woonstelle