Almal kan kyk, maar slegs persone wat geregistreer is mag saam gesels (blog).

Vir hulp, kliek die Kontak-oortjie (‘tab’) op die webtuiste en stuur ‘n boodskap aan die Webmeester.


Die webmeesters tref elke moontlike voorsorg om die webtuiste en deelnemers se identiteit te beveilig.


As u die ‘You must be logged in to post‘-boodskap kry:

Kliek op Register om te registreer

As u reeds geregistreer het, kliek op Login.

.

Registreer

 

  • Kliek op register (of kliek sommer hier)

    Voorbeeld van registrasievorm

Die  registrasieblad word oopgemaak:   (Voorbeeld regs)

  • In die toepaslike blokkies,tik jou ‘Username‘ (‘n gebruikersnaam wat jou sal identifiseer as jy weer aanteken), bv. Koos
  • Tik jou ‘E-mail’ -adres (Jou besonderhede verskyn nie op die webblad nie)
  • Tik die letters onder die CAPTCHA Code-blokkie, bv. HAUS (Presies net so)
  • Tik die antwoord van  Math Required in die blokkie.
  • Tik jou Password.
  • Tik die Password weer vir bevestiging.
  • Kliek op Register.

Jy behoort ‘n e-pos kry om registrasie te bevestig.

Let op dat jy  ‘n nuwe password kan aanvra as jy dalk joune vergeet.

(Vir diegene wat wil weet, registrasie en die CAPTCHA Code verhoed dat slim ouens rekenaars kan opstel om outomaties op enige webwerf te registreer, want ‘n masjien kan nie hierdie kode tik of die som doen nie.  So word sowel die webwerf en die gebruikers beskerm teen die kwade.)